by Sheldan Dolf
“Tot ons mekaar weer sien, my Mamma Thelma.”
Aunt Thelma het nooit in haar lewe gerus nie
sy was die heeltyd gepla deur die tap stelers van rosedale
sy was klienieksiek maar
het geskel dat niemand in haar poes gaan krap nie
sy het gereeld mase dose gevloek
sy het gekla dat die kindjie alweer die tweerand by die winkel uitgaannaai het
sense gepraat oor onse semi’s wat kak gebou is
sy was die carer van ander mense se kinners
het altyd ’n grandpa gedrink
se kopseer is 1oclock geworsen deur karre wat pop
is 2oclock deur die tavern se musiek wakker gemaak
is 3oclock die oggend wakker geklop
het ’n 20s peter chicago’s ’n dag gerook
syt op dae wat sy nie lus het nie gestrike en gesê
Thelma werk nie vir ’n baas nie
voor in haar yaard met neigbours lekker bekverkoop
maar nooit ooit
gerus nie